WISDOM FROM THE WORD

“The righteous shall flourish…
like a cedar in Lebanon” (Psalm 92:12)

WISDOM FROM THE WORD

The righteous shall flourish…

like a cedar in Lebanon” (Psalm 92:12)

‘n Man vir ‘n Vrou in Eer

“Vlug vir Hoerery!”

Gedagtes oor Morele Reinheid

 

Ons lewe in ‘n tyd waar paartjies maar min daarvan dink om saam te bly voor die huwelik, dis as hulle enigsins aan trou sou dink. En nou word ons selfs gedwing om homoseksualiteit en prostitusie te oorweeg as ‘n aanvaarbare lewenstyl. Die boosheid van ons land roep uit, net soos die bloed van die regverdige Abel na God geroep het, om met ons te handel. Hierdie boekie is ‘n eenvoudige versoek terug na morele reinheid en integriteit. Dit is die God van die hemel wat in Sy ewige woord sê:

“Julle moet niks met seksuele losbandigheid te doen he nie.elke ander sondewat ‘n mens doen, vind  buite sy liggaam plaas; maar iemand wat seksueel losbandig lewe,vergryp hom aan sy eie liggaam. (1 Kor 6:18)

“Vlug vir hoerery” is ‘n opdrag van God. Die ou woord hoerery beteken seksuele losbandigheid van enige aard. God se bevel is VLUG! Kom weg van enigiets wat jou gedagtes en jou liggaam moontlik kan verlei tot sondes van die vlees! God se bevel is nie om sterk te staan of sulke druk teen te staan nie. Die Here beveel jou om weg te kom én dit dadelik te doen! Dit is duidelik dat die mens nie in staat is om sterk te wees wanneer vleeslike intriges ons in die gesig staar nie. Ons krag lê daarin om te vlug. Moenie dink dit is ‘n swakheid of lafhartigheid om weg te hardloop van ‘n plek waar daar versoekings is nie. Moenie naby dit bly nie. Moet dit nie in jou gedagte koester of daarna kyk nie. Sien die dringendheid in daardie woord vlug! Om te talm is nie hoe versoekings behoort te hanteer nie. Gooi af jou kleed, man, soos Josef van ouds gedoen het en met groot spoed ontsnap het uit die kloue van daardie verleidster. Die krag van jou brandende begeerte sal gou verdwyn wanneer jy op ‘n afstand is en jou gedagtes op ander dinge vestig – reiner dinge. Ons mag nie talm wanneer ons ‘n versoeking tot seksuele sonde in die oë staar nie.

In 1 Korintiërs 6:18 vind ons die rede waarom ons moet vlug, “maar iemand wat seksueel losbandig lewe,vergryp hom aan sy eie liggaam”.Die sondes van immoraliteit is anders as ander sondes. Persoonlike afbraking tree in wanneer sondes van die vlees sy dodelike houe “teen jou eie liggaam” inkry. Dit laat ‘n permanente letsel.

Dan lees ons verder in 1 Korintiërs 6:19-20:

Of besef julle nie dat julle liggaam ‘n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.”

”Want julle is duur gekoop”. Hierdie woorde is vir die wat in Jesus Christus glo.
In Christus is ons losgekoop van die bande van sonde met die prys van die kosbare bloed van ons Redder, gestort vir ons in Sy kruisiging. Ons het nie die reg om dit wat die Here s’n geword het te besoedel nie. Hy het jou liggaam aan jou gegee om te gebruik tot Sy eer en verheerliking – wat natuurlik ontmoontlik is in Mej Immoraliteit se bed.

My liggaam is die tempel van die Heilige Gees.

Gelowige, sê daardie woorde vir jouself. Sê dit weer. Wanneer jy hierdie waarheid behoorlik verstaan, is dit die antwoord vir elke vraag tussen reg of verkeerd. Moenie deel he aan enigiets wat die Heilige Gees, wat in jou woon, sal beskaam of bedroef nie. Mens, laat dit vir eens en vir altyd jou doelwit wees om God te behaag in al jou dade en gedagtes en daar sal ‘n einde kom aan die vlees se houvas op jou lewe. Dit is hierdie voorneme wat ‘n mens tot die plek bring om nooit meer daardie mouilike vrae te vra nie. Soos, wat is toelaatbaar? Of waar word die lyn tussen reg en verkeerd oortree? Dit is hierdie voorneme wat ‘n mens dryf om ‘n lewe te lewe wat totaal prysenswaardig voor God is. Om nie meer op die rand van betaamlikheid te lewe nie, maar in die midde van God se helder lig, waar ek as gelowige die opregte bedoeling het om God te behaag in elke aspek van my lewe. God sal die mens eer wat onverskrokke vir die Here lewe – iemand wat ‘n merk maak op sy geslag, iemand wat vrugte dra, wat die hel rasend bekommerd maak, en ‘n gejuig in die Hemel veroorsaak! Ons wat aan God behoort moet duidelik onderskei kan word van ander – ons moet apart wees van die smerigheid van hierdie wêreld.

 

Verleiding tot Ontug

Gedagtes oor ‘n Christen se kleredrag

 

Ons het besin oor die groot gevare van ontug en immoraliteit wat God in 1 Korintiërs 6 beveel dat ons moet ontvlug. Die wêreld gaan jou aankyk asof jy onnosel en fanaties is. Maar moet jou nie daaroor kwel nie. Maak ‘n pertinente keuse vir die God van geregtigheid, en uit liefde vir wat reg is. Moenie die vleeslike hartstogte in jou lewe vertroetel en voed nie. Dit lei na onwelvoeglike praktyke, terwyl God sê: VLUG!

Toe ek ‘n klein seuntjie was het ‘n paar van ons in ‘n motor gespeel wat op ‘n afdraand geparkeer was. Die oudjie agter die stuur het in sy groot verbeeldingsvlug die motor uit rat gehaal en die handrem laat sak, presies soos pa dit altyd doen. Maar toe die motor teen die bult begin afloop, het almal laat spaander, terwyl ek, al skreeuende vir hulp, oor die sitplek geklouter het en die remme na die beste van my vermoë probeer inhou. Kinders wil altyd hulle ouers naboots, maar het min begrip van die omvang van die skade wat kan plaasvind, in wat hulle uit onkunde doen. Ons as volwassenes is dieselfde . Ons is geneig om ander na te boots in wat hulle doen sonder om te dink aan die potensiële gevaar war dit vir ons en ander inhou, in wat ons miskien beskou as onskuldige aktiwiteite.

In Lukas 17:1 het Jesus vir Sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar dinge kom wat mense laat struikel. Maar ellende wag vir die mens wat die oorsaak daarvan is.

Met “struikelblokke” het Jesus verwys na die dinge wat veroorsaak dat mense in dinge beland wat verkeerd is – iemand of iets wat iemand anders in sonde laat val. Die basiese natuur van mans, vrouens, seuns en dogters is om vir God aanstoot te gee. Dit is ‘onmoontlik’ vir ons as mense om nie vir Hom teleur te stel nie, want ons is sondaars. Maar, al is dit waar, is dit geen verskoning vir ons om te volhard met ons sonde en ongeregtigheid nie. Verseker staan daar geskrywe: “Weë hom deur wie die [aanstoot] struikeling kom!” Die Here waarsku ons dat Hy ‘n mens sal oordeel vir sy sonde, veral as ons ander laat struikel! Mens lei ander op verskillende maniere in die versoeking. Miskien is een man sterk en kan hy  homself beheer wanneer hy sterk drank neem, en tog, onbewustelik lei hy die swakkere om te drink, dronk te word, en uiteindelik vernietig te word. Miskien is ‘n vrou vasberade om aan te trek soos sy daarvan hou; en bewustelik of onbewustelik lei sy mans daardeur, om te dink en te begeer wat verkeerd is; én sy oorreed ook ander vroue om haar te volg in iets wat haar medemens skade kan aandoen. Wie ken die uiteinde van daardie rippel effek! Ons moet wys en verstandig wees en noukeurig waghou oor ons lewensstyl. Want die Here het Sy oordeel uitgespreek oor dié een deur wie die struikeling, of geleentheid om te sondig, kom.

Jesus het in Sy Bergpredikasie gesê:

Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’ Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat na ‘n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg” (Matt 5:27-28).

Die Here het gesê selfs om net na ‘n vrou te kyk met begeerte, is om alreeds in sy hart owerspel met haar te pleeg. En moenie die punt wat Jesus maak miskyk nie. Dit is op die man gerig, die een wat na ‘n vrou kyk, want dit is in die man se natuur dat sy begeerte opgewek word deur wat hy sien. Dit is ‘n goddeloosheid in mans en seuns wat daarvan hou om met wellus na n vrou te kyk. Het jy gehoor? Jy is goddelloos as jy dit doen. Dit is net so goddeloos vir dames wat daarvan hou om mans en seuns iets te verlei. En hierdie kyk en wys storie het die krag om mans en seuns na sondes in gedagte en dade te lei. Ek glo God wil hê dat Sy kinders hierdie kyk en wys ding moet los. ‘n Christenvrou wat begeer om God te behaag in elke aspek van haar lewe, moet hierdie visuele manier hoe mans tot wellus opgewek word, erken. Sy moet verstandig wees deur nie haar liggaam te vertoon nie. O, ek weet sulke taal is heeltemaal teenstrydig met ons agterstevoor samelewing. Ek verstaan dat so ‘n sienswyse vir die wêreld n grap is. Ék weet dit, en jý weet dit, en wat daarvan! Laat ons wat Christene is terugkeer na wat vir die kind van God saakmaak. Wat maak die Here gelukkig? Wat is gesonde praktyk in Sy oë? Wat verwag Hy van ons in hierdie verband? Die antwoord is voor die handliggend: Jy durf nie waag om enige oorsaak tot struikeling, of aanleiding tot struikeling, te gee vir wie God liefhet nie. Waarlik, weë die een wat ondeurdag, hardkoppig so doen. En mans word beweeg om te sondig deur wat jy hulle laat sien, dames! Bewus van die natuur van die man, vrou/meisie, is dit verkéérd om die gemeenskap waarin jy leef te terg en te treiter en uit te koggel met jou voorkoms. Die stywe laehals bloese, ontblote dye en mae, kort broekies en nousluitende langbroeke, stywe klere – noodsaaklike materiaal totaal afwesig. Dis dinge vir die wêreld, nie vir jou nie, my suster in Christus. Dit is nie vir ‘n vrou wat God en mens liefhet nie. Miskien wil jy redeneer en sê: “maar dis mode, dis wat almal aantrek”. Ja, ons is almal bewus daarvan. Maar Jesus, jou Here, het gesê: “Weë die een deur wie die struikeling kom”. Mode is totaal deurmekaar en geen wyse voorbeeld vir die regdenkende mens wat in die heilige Here Jesus Christus glo nie. Die dwase samelewing trek ons gelykertyd in teenoorgestelde rigtings – terwyl hulle toeslaan op die geringste idee van seksuele teistering teen die vrou en eis van die man om volle beheer uit te oefen oor sy wellus, en tog terselfdertyd, volg ons die mode wat die vrou se liggaam en vorm ontbloot en by mans aandring om te begeer en erger. Terwyl vrouens eis om meer as ‘n blote sekssimbole te wees, gerespekteer te word vir hul verstand en kreatiewe talente, ens, klee hulle hulself net soos sekssimbole. Dit is absoluut sinneloos! Dit is tipies van die onbedagsame, agterstevoor manier van ons goddelose wêreld. “Hulle beweer hulle is wys, maar het dwase geword!” So, waarom volg jy hulle, my suster in Christus? Waarom laat jy jou dogter toe om dit te doen? Al is dit nooit jou bedoeling om mans te verlei nie. Laat my toe om dit by jou in te skerp dat daardie verkeerde doelwit, of gebrek aan die regte doelwit, sonde is! Ons het saamgestem, dit is sonde vir ‘n man om met wellus na ‘n vrou te kyk! Dit is ‘n ewe groot sonde vir ‘n vrou om ‘n man te verlei om met wellus na haar te kyk!

 

‘n Man vir ‘n Vrou

Gedagtes oor Homoseksualiteit

 

‘n Homoseksuele persoon, is iemand wat iemand van dieselfde geslag begeer of seksueel betrokke is met iemand van dieselfde geslag. Die term stam van die Griekse woord homos af, wat beteken dieselfde, wat die teenoorgestelde is van heteros, wat beteken anders/verskillend. Dus, ‘n homoseksueel is iemand wie aangetrokke voel teenoor ‘n persoon van dieselfde geslag. Dit is die teenoorgestelde van ‘n heteroseksueel wie aangetrokke voel teenoor ‘n persoon van die ander, of teenoorgestelde, geslag.

Dit is belangrik dat ons weet wat homoseksuele oor hul lewenstyl sê. Hulle sê “homoseksualiteit is net so ‘n gawe van God as heteroseksualiteit ”, soos ‘n verkondiger van die Evangelie jare gelede verklaar het. Of soos n kerk verslag dit gestel het “homoseksualiteit is niks minder betreurenswaardig as linkshandigheid nie”. Die homoseksuele gemeenskap beywer hulle daarvoor om hulle aangetrokkenheid tot dieselfde geslag te laat herdefinieer as ‘n genetiese aangeleentheid. Of ‘n natuurlike voorkeur. Nie ‘n aangeleerde of gedragskwessie nie, maar ‘n natuurlike toestand, soos die kleur van ‘n mens se vel. Met hierdie argument oefen hulle onvermoeid druk uit om as ‘n erkende groep in die gemeenskap aanvaar te word; om dieselfde regte, voorregte en beskerming as enige ander minderheidsgroep te geniet. Almal wat met hulle beskouing verskil, word gebrandmerk as homofobies óf as bang vir homoseksualiteit. Wel, ek ten minste, verag die sonde van homoseksualiteit! Nie omdat ek ly aan homofobia nie, maar omdat ek my verheug in theofobia (die vrees van die Here), want die vrees van die Here lei tot lewe. Deur ‘n losse en slinkse hantering van die Bybel wil die “gay” gemeenskap dit voorstel dat God ten gunste van homoseksuele liefde is.

Ek glo dit is ons verantwoordelikheid, as gelowiges in die ware God van die Bybel, om te staan teen elke poging om sonde te ontsondig, en dit aanvaarbaar te probeer maak. Ek glo dit is ons verantwoordelikheid om te haat wat God haat. Om homoseksualiteit, as ‘n praktyk, te haat. Omdat die Here vir ons gesê het die vrees van die Here is om sonde te haat. Maar terselfdertyd is dit ook vir ons om die individu lief te hê wat opgeneem en verteer word deur hierdie sonde, net soos ons enige ander sondaar sou liefhê. Ons wat in Christus is, was ook eens dood in ons oortredinge en sonde. Ons moet nooit vergeet hoe uiters geduldig God met elkeen van ons was nie, totdat ons in die lig gekom het. God het mense lief, gevalle mense! Hy het my liefgehad toe ek vuil en onaantreklik was. Vele wat met die sonde van homoseksualiteit betrokke was, is gered en vrygemaak deur God se genade. Daar is hoop in God se belofte dat “as ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig , Hy vergewe ons ons sondesen reinig ons van alle ongeregtigheid”  (1 Joh 1:9). Prys God, daar is reiniging in Jesus Christus!

Soos met enige kwessie is dit verstandig om ook in verband met hierdie vraagstuk met die Woord van God te begin en ons gesindheid en aksies daarin te vestig. Dit is ‘n onderwerp wat reeds in die heel eerste boek van die Bybel begin, so vroeg as Genesis 13:13. Dit is hier waar ons vir die eerste keer leer van Sodom en hoe sleg sy manne was en hoe uitermate hulle teen die Here gesondig het. Alreeds toe Lot sy oë oor die stede van die Jordaanstreek laat gaan het, het God ‘n aantekening gemaak dat dinge daar nie reg was nie:

“Die inwoners van Sodom was sleg; hulle het baie gesondig teen die Here.” (Gen 13:13)

Dit was by uitstek die mans van Sodom wat betrokke was. Die Skrif sê hulle was “sleg” en dit word verder benadruk dat hulle “groot sondaars” was.

Verderaan in hoofstuk 19 van Genesis word ons gekonfronteer met ‘n beskrywing van hoe uitermate boos hulle was. Daar sien ons die wellus van die mans van Sodom vir die vreemdelinge, wie na Lot se huis toe gekom het om daar te oornag. Die mans van Sodom het aan Lot se deur geklop en die twee besoekers geëeis om hulle seksueel te misbruik, te “sodomiseer”, om goddeloos met hulle te handel – dit was die hoof karaktertrek van die stad Sodom. Soos die Skrif openbaar, het God se vurige oordeel geval op hulle wie “sleg en groot sondaars voor die Here” was. Niemand kan effektief argumenteer teen die Here se haat vir dit waaraan daardie manne hulself oorgegee het nie. Hulle was deur God verdoem as ‘n stad wat oorgegee is aan homoseksualiteit.

Daar is baie gedeeltes in die Bybel wat God se gesindheid teenoor homoseksuele sonde uitdruk. In Levitikus 18:22 sien ons God se direkte opdrag dat ‘n man nie met ‘n man mag lê soos met ‘n vrou nie. So sê die Here, “Jy mag nie”! Hierdie is geen voorstel nie! Dit is ‘n opdrag! Miskien is een van die duidelikste stellings te vinde in Levitikus 20:13:

“Twee mans wat homoseksueel verkeer, doen n afskuwelike sonde. Hulle moet doodgemaak word. Hulle verdien die dood.”

Eenvoudige, helder, duidelike terme, wat geen onsekerheid toelaat oor waarna hier verwys word nie. Hier gaan dit duidelik oor hulle homoseksuele gedrag. ‘n Man mag nie op hierdie manier betrokke raak met ‘n man, soos hy natuurlikerwys met ‘n vrou betrokke sou raak nie. En net soos daar geen vraagteken kan wees oor wat die Here se bedoeling is met die reguit terme wat Hy gebruik nie, kan daar ook geen vraagteken wees omtrent Sy gesindheid teenoor die handeling van sulke gruwel nie. Dit is ‘n gruwel! So eenvoudig! Alle verwarring, onsekerheid, argumente en twyfel word stil gemaak met hierdie reguit, kortaf en eenvoudige woord van God.

Kom ons wend ons nou tot die Nuwe Testament. In Romeine 1. In vers 24 van hierdie hoofstuk vind ons dat as gevolg van die mens se bewustelike verwerping van God en weiering om Hom te erken en te verheerlik (vs 19-21), en as gevolg daarvan dat die dwase mens wat wil voorgee dat hy wys is, besluit het om die ware God te vervang met dit wat vals is (v 23), “daarom” die gevolg dat hulle hul regmatige terugbetaling van God ontvang. “Daarom gee God hulle oor”, ja hulle oorgegee aan “sedelike onreinheid”. Die Here se eerste stap van oordeel is om die mens nie langer terug te hou van sy wellus nie. Daar kom ‘n punt wanneer die Here eenvoudig net die heining van beskerming wegneem voor die vasberade sondaar; wanneer hy wegdraai van die een wie van Hom af weggedraai het.

Dan in vers 26 gee die Here weer sulke mense oor aan hulle skandelike hartstogte of oneerbare drifte. Dan volg daar die mees voor die handliggende beskrywing van homoseksualiteit tussen beide mans en vroue. Soveel so, dat niemand dit regverdiglik kan ontken as beslis homoseksuele sonde wat die Here hier beskryf as skandelike hartstogte nie. Hy verduidelik dat sodanige praktyke die omruiling of verwisseling is, van wat natuurlik is vir dit wat teen die natuur is. Dit is God self wie verklaar dat hierdie bose weg nie alleen teen Hóm skandelik is nie, maar ook teen die natuur (v 27, die natuurlike verkeer verlaat). Homoseksualiteit is net so onnatuurlik as wat dit goddeloos is. Dit is rebellie teen God se duidelik verbod. “Dit is ‘n gruwel” en “skandelike hartstogte”!

Ons benadering tot sonde en sondaars moet dieselfde wees as God s’n. In liefde wys ons die sonde uit, sodat dié wat daarby betrokke is mag sien hoe desperaat hul toestand  voor die Heilige God van oordeel is. Dat hulle hul sonde sal erken en haat, net soveel soos God dit haat. En dat hulle mag terugdraai na die ware God, as hulle enigste hoop van ontvlugting, van beide ewige ondergang en vernietiging en van die ontsettende strik van hul sonde.

Daar was ‘n dag toe die Joodse leiers ‘n vrou, wat in owerspel betrap is, na Jesus toe gebring het (Joh 8). Hulle het aanvanklik klippe in hulle hande gehad, gereed om haar te stenig. Hulle wou egter eers die insident teen Jesus gebruik, as hulle kon. Jesus het net stil geraak. Met hulle luide eise vir ‘n opinie van Hom, het Hy uiteindelik gereageer met “laat die een van julle wat n skoon gewete het, eerste n klip op haar gooi”. Die mans het stilweg hulle klippe laat val en weggegaan totdat dit slegs die vrou was wat by Jesus oorgebly het. Vir haar het Hy gesê, “Ook Ek veroordeel jou nie: Gaan, en sondig nie meer nie.

In die hantering van diegene wat deur die sonde oorval is, moet ons onthou dat ons ook nie sonder sonde is nie. Hoewel ons verstandig is om vas te staan in die opdragte van ons God, moet ons ook ons klippe neersit. Ons moet ander geduldig en liefdevol uit hul duisternis uitlei, na die lig van God se waarheid. God se liefde, ware liefde, bevestig nooit mense in hulle sonde nie, maar beywer hulle ernstig daarvoor om hulle uit te lei. En wanneer ‘n siel uiteindelik na die Here keer, vind hy wat hierdie owerspelige vrou gevind het – die genadige God wat vergewe!

 

* * * * * * * * * *

 

Here, ek bely dat ek ‘n sondaar is wie geen genade verdien nie, maar alleen U oordeel.

 

Ek glo dat Jesus in my plek vir my sondes gesterf het.

 

Ek vra nou dat U my vergewe.

 

Ek ontvang nou Jesus as my Redder!